streamit
S01E01
April 4, 2024 1
Verkrag

My Verhaal is ‘n reeks tussen ‘n onderhoud en trauma verwerking, waar Timothy Kieswetter vir sy gas die geleentheid om hulle verhaal te vertel. Vir baie is hierdie die eerste keer, wanneer hulle hardop hulle diep weggebêre seer met iemand deel.
Trauma het baie lagies. Daarom is dit gemakliker om soms net die trauma in die verlede daar te hou. Ons verwoord dit nie, ons noem dit nie, ons herken dit nie, ons vergeet daarvan.


Die probleem is, jy sluit ‘n deel van jouself saam met daardie trauma toe. Met “My Verhaal” begelei Timothy sy gas om die lagies van trauma een vir een te begin terug trek en sodoende die persoon se innerlike self te gaan red.


Volg ons in hierdie reeks, waar jy empatie saam met jou medemens gaan voel asook, hoop en geloof kry dat daar wel ‘n pad van genesing vir ons almal is.