Mnr Seks en Mev Kopseer
"Mnr Seks en Mev Kopseer" is 'n konsep so oud soos die berge. Ons weet mos nou al teen die tyd dat die man altyd lus en vrou altyd geblus is - nie waar nie? Maar dit is nou eers onlangs dat hulle uit die slaapkamer begin praat, en dat ons agterkom dat dit eintlik baie meer "50 skadus van grys" is. In Timothy Kieswetter se nuutste opvoedkundige komedie, ontdoos hy al die steriotipiese gedrag wat ons aan die manlike en vroulike seks koppel. Moenie toelaat dat die samelewing jou in 'n steriotipiese boks plaas nie. Ons nooi jou uit om die Alpha-man, die koek, die tert, die player en nog vele meer karakters te ontmoet en sien hoe hulle ontdoos word. Kom verreik jou huwelik met hierdie vermaaklike en skreeusnaakse een-man komedie en ontdek Mnr Seks en Mev Kopseer in 'n splinternuwe lig. Hierdie is 'n komedie wat jy NIE wil misloop NIE.
Klits jou man se eiers
Soms is jy so gefrustreerd met jou man dat jy net sy eiers wil gryp en tussen jou vingers stukkend druk. Maar dit los amper altyd 'n groter gemors as wat dit die moeite werd is. In Klits jou man se eiers gaan Timothy Kieswetter vir jou al die nodige tegnieke en insig gee hoe jy jou man suksesvol kan over-easy los met sy sunny-side up.
Die Stripshow
Kyk hoe Timothy Kieswetter, in sy skreeu snaakse een man komedie "Die Stripshow" al die seksuele taboes en huweliksmites een vir een weg-strip. In hierdie opvoedkundige komedie word daar met woorde gestrip en nie klere nie. (Alhoewel hy toetaal en al die lyf het vir dit) Dit is snaaks, sexy en leersaam.
Comedy Shows
Alle Streaming Reeks
Nuut op Gesonde Seks TV
-
Libido Kursus – Libido en Spiritualiteit
1 Season Nov 2020# 1 in Series Today
In die volgende vier videos bespreek ons die oorsprong van die mens soos beplan deur God, gebaseer op Genesis 2:7. Ons bespreek ook die misverstande rondom seks en seksuele begeertes, en beklemtoon dat seksuele passie deel van God se plan vir ons as lewende wesens is.Genres Comedy -
My Verhaal
1 Season Nov 2020# 2 in Series Today
My Verhaal is ‘n reeks tussen ‘n onderhoud en trauma verwerking, waar Timothy Kieswetter vir sy gas die geleentheid om hulle verhaal te vertel. Vir baie is hierdie die eerste keer, wanneer hulle hardop hulle diep weggebêre seer met iemand deel. Trauma het baie lagies. Daarom is dit gemakliker om soms net die trauma in die verlede daar te hou. Ons verwoord dit nie, ons noem dit nie, ons herken dit nie, ons vergeet daarvan. Die probleem is, jy sluit ‘n deel van jouself saam met daardie trauma toe. Met “My Verhaal” begelei Timothy sy gas om die lagies van trauma een vir een te begin terug trek en sodoende die persoon se innerlike self te gaan red. Volg ons in hierdie reeks, waar jy empatie saam met jou medemens gaan voel asook, hoop en geloof kry dat daar wel ‘n pad van genesing vir ons almal is. -
-
Timothy vs. Janet
1 Season Nov 2020# 6 in Series Today
The travels of a lone bounty hunter in the outer reaches of the galaxy, far from the authority of the New Republic.Starring Timothy Kieswetter, Janet KieswetterTags 4K Ultra, Brother, Brother Relationship, King, Vikings

